

Kom vir die liefde,
bly vir die koek!
Ons is so opgewonde om hierdie spesiale dag saam met julle te vier.
Na jare van liefde, lag en onvergeetlike herinneringe is ons gereed om die volgende stap in ons reis saam te neem - en ons kan dit eenvoudig nie sonder die mense wat ons die liefste het doen nie.
Kom vier die dag saam met ons by
Rockhaven,
79 Highlands Rd, Elgin, 7180
op Saterdag, 10 Januarie 2026
15:30 vir 16:00
Kleredrag:
"Garden Formal"

RSVP

Ons besef dat tyd min is, daarom wil ons so gou as moontlik weet wie die dag saam met ons sal kan vier.
RSVP asb streng teen 6 Desember 2026


Meer
Inligting
Die kleredrag:
Ons troue se styl is tuin-formeel - elegant, kleurvol en vol lewe!
Ons moedig al ons gaste aan om helder en vrolike kleure te dra.
Dames: Rokke tot onder die knie ("Tea-length")
Mans: Lang broeke, toe skoene en knopies hemde (Dasse is optioneel)
Mag ek n metgesel bring?
Metgeselle is slegs per uitnodiging, ons wil graag met net ons naastes fees vier.
Kontant kroeg
'n Kontant kroeg sal beskikbaar wees by die onthaal.
Let wel: GEEN kaart fasiliteite is beskikbaar nie, daarom vra ons vir gaste om vooruit te beplan.

Die dag voor die troue
Ons nooi graag al ons vriende en familie om die aand voor die troue die feesvieringe af te skop by die Elgin Railway Market vanaf 17:00 tot 21:00.
Akkomodasie
Grabow en Elgin het verskeie opsies om van te kies.
Moet asseblief nie huiwer om uit te reik indien jy hulp nodig het nie.
Aanwysings
Om jou reis te vergemaklik gee ons graag die Google Maps kaarte vir die wat graag verdwaal
Onthaal en Seremonie
Vrydag Feesvieringe
